Moekie Linda

Die verlange lê so diep,

Dieper as die Mariana trog.

Die einde lê so ver,

Anderkant daar by pluto se ster!

Troos, na iets bekend.

Liefde, omgee, hoop!

Dit is wat  elke sel van my roep!

Bekende hartklop,nog van altyd af.

Die een wat altyd daar is.

Met woorde en soms stil.

Nooit alleen!

Die een wat my deur ALLES,

Ondersteun!!

My huis,

My hawe…

My anker in elke storm.

My besliste telefoon oproep!

Jy wat my hart verstaan.

In die klein en die Groot.

Die Hoekom’s die waarom’s

Selfs die een waar is God?

Jy laat my nooit begaan nie,

Al maak jou lewe ook nie sin.

Vir my jou eie.

Sal jy die beste gun.

Al verg dit van jou meer as wat ,

Ek ooit kan verstaan…

Dalk nou bietjie.

Ek is ook nou Ma.

170km

Nou amper ‘n kontinent ver.

Smag na laat nag praat sessies.

Daardie waar ek ten einde bewe,

Op moeg!!

Maar kyk verby en gee my nog…

Bietjie tyd!!

Saam jou!!

Vergifnis wat geen einde ken.

Sal ek nog moet leer.

Hoe gaan jy sonder haat?

Net aan en aan.

Ek is seker jy het dit geleer

By ons Skepper Vader Heer.

Dit kom nie sonder pyn nie.

Dit het sy merk gelos.

Maar aanhou het jy steeds!

Hou uit,hou aan…

Dogter van die Koning!

Geskep vir soveel meer!

Jou lewe het nog skaars begin

My kinders jou so lief,

Met Jou liefde,lewenslus en waardes

Het jy nog ‘n titel oorwin!

OUMA!!

Ek kan maar net droom om jou

Skoene te vul…

Sal my kinders my ook eendag

So bemin?

Jy is My Mamma,

My Moekie.

Ma.

My Moeder deur God aan my Gegun!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s