Pyn verstaan

Twyfel en verwarring so veel.

Die tye maak nie sin.

Waar is my God?

Die een wat ek bemin.

Hy weet dan alles….

Laat alles toe.

Ons is Sy beeld, Sy skepsels.

Waarom gryp Hy nie in?

Waarom,waarom al die pyn?

Pyn het ‘n doel en tot jy verstaan,

maak dit glad nie sin.

Woede,opstandigheid en twyfel…

Emosie borrel binne my!!!

Maar met soeke sal ek verstaan.

‘n Virus en ‘n preek en na jare…

Breek die antwoord deur.

Dit gryp my hart en vul my gees.

Skielik maak dit sin!!

Misbruik

Misverstaan/deurmekaar

Verklein

Verloor

Sonder pyn wat ons “beheer”

SOU ons God net gebruik,

Vir ‘n ek wil hê!

Sonder die pyn

Waardeur selfs Jesus moes gaan…

Sou ons God misverstaan,

Hom nie respekteer…

Sonder die pyn

Sou ons God verklein.

Alles mos in plek.

Waar pas Hy dan eintlik in?

Sonder pyn

Sou ons alles doen,

Alles sonder Hom.

En alles ten einde

Verloor….

Ons lewe verloor,

Ons ewigheid weg….

Nou as ek pyn in die

Gesig staar…. sal ek dit

Verstaan!!!

Ek sal onthou

En in dit jubel

En Hom eer!

Hy is in beheer!

Hy wil My behou!

Vir die ewigheid en nou!