Wat het ek verloor?

My lewe val soms uitmekaar,

Soms maak alles net nie sin.

Ek is dan Sy kind…

Wat kan ek verloor?

Hardkoppig, eie wys, net plek vir ek.

Sy Gees my stil verlaat.

So stil….ek besef nie eers.

Ek is mos Sy kind.

Wat kan ek verloor?

Kerk toe gaan doen ek.

Ek is mos Sy kind.

Sal ek egter luister?

SY boodskap hoor.

As alles om my stuier,

En ek tonne vrae vra.

Kom ek dit nie agter.

Ek het reeds verloor.

Nou al wat dit kan regmaak.

Is die eie ek!

Ek sal moet erken en terug gaan…

Wat het ek verloor?

“Keer terug na My.

Na die plek waar dinge reg was.

Erken wat jy verloor het.

Maak die saak reg”.

Nou weer deur Sy Gees vervul.

My sonde weer bely.

Nou eers weer weet ek…

Wat het ek verloor?

Weet jy?