Waar is jy?

Die lewe loop so vinnig.

Dit gaan in ‘n oogwink verby.

Gister was jy nog baba.
Vandag ‘n volwasse jy.

Waar is jy?

God het jou geskape.
Spesifiek vir iets saam geweef.
Leef jy nou Sy doel?
Jou skeppings doel op aarde?

Waar is jy?

Die lewe verander en buig jou.
Vervorm en slyp jou.
Ten goede?
Dalk nie?

Waar is jy?

Die Vader ken jou in en uit.
Weet presies waar jy is.
Naby Sy doel vir jou.
Of is jy oseane weg.

Waar is jy?

Sy Vraag aan jou is duidelik.
Ondersoek sal jy moet.
Jou hart, jou lewe jou wese.
Jy moet weet wat die antwoord is.

Waar is jy?