Woestyn-vallei

Die lewe is ‘n waterkolk,

die lewe maak nie sin.

Hoelank nog moet ek verkeer,

in die woestyn-vallei?

Is ek dan ‘n Job?

En sit ek in die as?

Is dit beproewing deur God?

Of is ek geteiken?

Dit is in die tyd,

wat ek my in Hom moet verbly.

En op Sy skoot moet sit…

Al maak dit steeds nie sin.

Ek sal Hom ken in al my weë.

My oë deurweek met trane.

En wag op Hom…

om my paaie gelyk te maak.

My vlees is swak en emosies swakker.

My Hoop is in Hom!

My geloof is klein….

‘n regte mostert saad….

My voete die trap modder,

die dryfsand wil my verslind.

Deur Sy belofte sal my voette

weer die ROTS vind.

Glo, Vertrou en Hoop.

LEES, VERKLAAR, LUISTER.

BEWONDER, BEWONDER, ADMIREER

EK klou nou vas aan U my Heer!!!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s