Verklaar en Luister

Al die jare

Al die tyd.

En dit vir eintlik niks.

Ek was nie verkeerd,

Want ek vra en vra…

my gebed is deur die wind verwaai.

Nou waarom lei dit na niks?

Ek bring nogsteeds my kant.

Ek bid tot Hom.

Nogsteeds…

Hoe lank moet ek dan vra vra vra?

Moeg en moedeloos..

Wat help dit nog ek bid?

Dan in my soek kom die antwoord.

Hou op met vra en skakel in

Jou tyd is heeltemal uit.

Luister luister na My stem.

Daardie stille fluistering.

Dit wat jy vra en vra en vra.

Klink soos die gekerm van die wind.

Bly nou bietjie stil en luister.

In die Woord sal jy die waarheid vind.

Die Woord is volmaak.

My Stem staan vas.

Hierin sal jy al jou antwoorde vind.

Nou met My antwoord op jou tong.

Roep dit hardop uit.

Verklaar verklaar oor en oor tot jy dit,

in jou wese glo.

Geskape het ek met ‘n Woord.

My Woord is baie kragtig.

Verklaar verklaar My Woorde nou.

In jou mond hou dit steeds wonder krag!

Skepende veranderende Waarde.

Nou weet ek mooi wat ek moet doen.

Dit maak nou baie sin.

Verklaar en Luister baie meer en hou die vrae min…

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s