Oorwin jou virus

satan het jou bang gekry.

Erken dit in skaamte.

sy doel met covid.

Net om jou te gevang.

My Vader sien jou glip,

Hy stuur vir jou genade.

Hy stuur sy engle mense.

Met waarskuwing!

Kom terug en Vertrou op My.

Die virus is meer Geestlik

‘n Oorlog vir jou gees.

Staan op in My,my kind.

Weerhou jou oë van sien,

Sien My in alles raak.

Die virus en sy maker,

Sal jou dan nie kan skaad.

Die liggaam die kry swaar,

daar is soveel pyn.

Staan op nou in jou gees.

Waar is eens My Reus?

Wees nou net soos Dawid.

Al lyk alles om jou sleg.

Onthou die sterkte van oorwinings.

Onthou My krag in jou.

Die wêreld is nie maklik.

My Seun weet dit beslis.

In My kan jy vasstaan.

As jy na my vlug.

Vernuwe nou jou denke

En laat My oor jou spoel.

Die virus het EK vermorsel.

Laat jou gees vertrou.

Staan op nou in Geloof.

Sien my in alles raak.

Ek het jou hier nodig.

Moenie dat die virus koning raak.

Sponsored Post Learn from the experts: Create a successful blog with our brand new courseThe WordPress.com Blog

WordPress.com is excited to announce our newest offering: a course just for beginning bloggers where you’ll learn everything you need to know about blogging from the most trusted experts in the industry. We have helped millions of blogs get up and running, we know what works, and we want you to to know everything we know. This course provides all the fundamental skills and inspiration you need to get your blog started, an interactive community forum, and content updated annually.

Habakuk

Hy was een van die ” kleintjies”

Sy hele houding snaaks.

Al die ander Groottes

Ons sien hom skaars raak.

Hy is ‘n anders profeet.

En handel ongewoon.

Hy neem vrae,

Hy neem sy volk na die Heer.

Hy leer my soveel meer.

Hou aan worstel met ons Heer.

Omhels Hom elke dag.

Laat Hom nooit gaan.

Gryp Sy Soom aan.

Die Here wil jou daar hê.

Vra maar al jou vrae.

Die kleintjies en die Groottes.

Jy is daar.

Habukuk met God.

En doen dan jou deel.

Wag!!

Nog bietjie.

En ‘n bietjie meer.

Selfs ‘n leeftyd deur…

Wag!!

Soms in dit nie wat jy wil hoor.

Die antwoord op jou vrae.

Dit is anders as jou hoop.

Dis moeilik om te sluk.

Hou steeds aan Habakuk.

U Is

Die lewe is ‘n ander een,

Vol op en af

Vol reënboë en hael

Maar U is altyd daar.

Deur die donker en die lig

Die geboorte en die dood

Die oë vol trane die mond se skatter

U is altyd daar!

My emosie en vrees,

Besoedel soms my gees.

Dit bring die twyfel in maar

U Is altyd daar.

Net wat satan wil hê.

Ek gevul met twyfel.

My oë verblind deur hom.

U Is steeds daar.

U woord wat Rhema is in my.

U Gees wat my hart bevry.

U soete stem breek lig deur.

Ek Is altyd hier.

Geen woorde of gebeure

Geen dood en siekte, vrese

Sal My laat skei, van jou…

Ek Is altyd

Ek Is dieselfde

Altyd

Hou daaraan vas.

Jou God in opgewonde hoop.

Jou God wanneer satan steel.

Nou staan ek vas in U

Die goeie en die sleg

U is my bron van krag

U Is.

Annari

Mensie vol sonskyn,

Altyd positief.

Almal se maatjie,

Sonder jou het ons ‘n gaatjie!

Jul blink dag wink al nader

Maak jul ewige maatjies.

Hy is werklik bevoorreg

Om jou sy vrou te noem.

Verander nooit jou hart nie,

Bly vir altyd jy!

Dit is wat jou, jou maak.

God’s hande hier by ons.

Die hardste werker wat ek ken

Besiger as ‘n mier.

‘n Geskenk wat van liefde straal

Spesifiek vir elke een.

Vir jou is almal belangrik

‘n Maaksel van ons Heer.

Elke Gogo en Malume

En veral ‘n pokkel pensie.

Jy praat gebroke Zulu

En leer elke dag iets meer.

Jy klim so in mense harte

En laat hul hardop lag.

Vir die Wonder

Geskape deur ons Heer!

Salwing…Olie

My lewe gebroke,

U het ek nodig.

U aanraking Heer.

Die Grootste vorm van geskenk en eer.

Gedoen deur die eeue,

Meer werd as goud.

Geen aardse geskenk,

Wat meer werd is!

Salwing en Seën!

U Hande raak My aan.

Heilige Gees verkwik my!

Deurdrenk my met U olie!

Maak my lewe heel.

Meer as net ‘n olie.

Dit sluit soveel in.

Maaksel van 5 bestandele,

om my toe te rus.

Mirre olie van Sagmoedigheid.

U is in beheer.

My swakheid is bewys,

Van U krag.

U is my Heer.

My hart so wankelrig

Herskep dit Heer.

Herstel my opregtheid.

Deurdrenk my met kaneel.

Neem weg my hoogmoedigheid

Maak my soos U Seun.

Nederigheid ‘n eer.

Laat my buig soos Kalmoes

Suiwer my Heer!

Versterk my innerlik

Reinig my!

Laat Kassie my skoon maak.

En vul my met U Gees.

Díe bestandele alleen is niks.

Ek benodig die Heilige Gees.

Kom salf my en maak dit alles een.

Laat U Olyf olie van my af drup.

Vrede van God vervul my.

Maak my werklik heel.

Niks kosbaarder as U seën

Gesalf met Salwings olie .

Die lewe geen Wag!

Die lewe gaan aan…

Tyd staan nie stil.

Byhou anders bly jy agter..

Nie eers ‘n oomblik aan my gegun

Om oor alles te besin.

Die walglike, aaklige een

Het sy vesier op my .

Ek verdrink nog in die storm see…

Dan gooi hy nog hael en winde neer…

Dit is swaar en maak alles glad nie sin

My hart, my brein kan dit nie besin.

Hoe gaan alles net aan?..

My wêreld hang in stukkies

Vlenters saam….

Ander gaan aan.

Hul lewe gaan aan.

Ek voel vas gevang.

Kan ons nie net eers vir ‘n oomblik…

Wag!

Wag op U Stem

Wag op U Vrede

Wag op U herstel

Wag op U genesing.

Dadda


Die vrae die maal.
Die antwoorde min.
Hoekom?
Waarom?
Jy?

Jy was ons huis.
Ons fixer.
Ons plan maker.
Ons eie “Jack of all trades”

Weg, weg,weg is jy.
Verewig nooit weer hier.
Ons hart in stukke.
Jou huis leeg.

Ons hardloop na Hom.
Daar sal ons hulp vaandaan kom.
Vertroosting by Sy voete.
Genesing van ons siel.

Moekie Linda

Die verlange lê so diep,

Dieper as die Mariana trog.

Die einde lê so ver,

Anderkant daar by pluto se ster!

Troos, na iets bekend.

Liefde, omgee, hoop!

Dit is wat  elke sel van my roep!

Bekende hartklop,nog van altyd af.

Die een wat altyd daar is.

Met woorde en soms stil.

Nooit alleen!

Die een wat my deur ALLES,

Ondersteun!!

My huis,

My hawe…

My anker in elke storm.

My besliste telefoon oproep!

Jy wat my hart verstaan.

In die klein en die Groot.

Die Hoekom’s die waarom’s

Selfs die een waar is God?

Jy laat my nooit begaan nie,

Al maak jou lewe ook nie sin.

Vir my jou eie.

Sal jy die beste gun.

Al verg dit van jou meer as wat ,

Ek ooit kan verstaan…

Dalk nou bietjie.

Ek is ook nou Ma.

170km

Nou amper ‘n kontinent ver.

Smag na laat nag praat sessies.

Daardie waar ek ten einde bewe,

Op moeg!!

Maar kyk verby en gee my nog…

Bietjie tyd!!

Saam jou!!

Vergifnis wat geen einde ken.

Sal ek nog moet leer.

Hoe gaan jy sonder haat?

Net aan en aan.

Ek is seker jy het dit geleer

By ons Skepper Vader Heer.

Dit kom nie sonder pyn nie.

Dit het sy merk gelos.

Maar aanhou het jy steeds!

Hou uit,hou aan…

Dogter van die Koning!

Geskep vir soveel meer!

Jou lewe het nog skaars begin

My kinders jou so lief,

Met Jou liefde,lewenslus en waardes

Het jy nog ‘n titel oorwin!

OUMA!!

Ek kan maar net droom om jou

Skoene te vul…

Sal my kinders my ook eendag

So bemin?

Jy is My Mamma,

My Moekie.

Ma.

My Moeder deur God aan my Gegun!!

Pyn verstaan

Twyfel en verwarring so veel.

Die tye maak nie sin.

Waar is my God?

Die een wat ek bemin.

Hy weet dan alles….

Laat alles toe.

Ons is Sy beeld, Sy skepsels.

Waarom gryp Hy nie in?

Waarom,waarom al die pyn?

Pyn het ‘n doel en tot jy verstaan,

maak dit glad nie sin.

Woede,opstandigheid en twyfel…

Emosie borrel binne my!!!

Maar met soeke sal ek verstaan.

‘n Virus en ‘n preek en na jare…

Breek die antwoord deur.

Dit gryp my hart en vul my gees.

Skielik maak dit sin!!

Misbruik

Misverstaan/deurmekaar

Verklein

Verloor

Sonder pyn wat ons “beheer”

SOU ons God net gebruik,

Vir ‘n ek wil hê!

Sonder die pyn

Waardeur selfs Jesus moes gaan…

Sou ons God misverstaan,

Hom nie respekteer…

Sonder die pyn

Sou ons God verklein.

Alles mos in plek.

Waar pas Hy dan eintlik in?

Sonder pyn

Sou ons alles doen,

Alles sonder Hom.

En alles ten einde

Verloor….

Ons lewe verloor,

Ons ewigheid weg….

Nou as ek pyn in die

Gesig staar…. sal ek dit

Verstaan!!!

Ek sal onthou

En in dit jubel

En Hom eer!

Hy is in beheer!

Hy wil My behou!

Vir die ewigheid en nou!

Janda

Klein van statuur.

Reus in die gees.

Jy het Evander kom skud.

Nooit vir ons gepreek nie.

Jou dade en lewe beslis.

Jou lewe wat van Waarheid spreek.

Sy beeld in jou is rein.

Niks wat ooit ‘n twyfel bring.

Jou toekoms in Sy hand.

Vertroue en kalmte in Hom.

‘n Vrede wat uit Sy Gees kom.